GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

1 heel hoender

30 ml (2 e) olyfolie

SPESERYMENGSEL

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) rooipeper

15 ml (1 e) garam

Masala

15 ml (1 e) paprika

45 ml (3 e) suurlemoensap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) bruinsuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Knip die ruggraat van die hoender met ’n vleisskêr uit en druk die hoender plat.
  2. Speserymengsel Meng al die bestanddele vir die mengsel en vryf die hoender goed daarmee in. Plaas op die bereide draadrakkie.
  3. Sprinkel die olyfolie oor en braai 45 min. tot gaar in die verhitte oond.
  4. Sny in porsies en sit voor saam met ’n tamatie-en-ui-sambal.