Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 50-60 minute

Marineertyd: oornag

1 hoender, in stukke gesny

30 ml (2 e) tikka masala

30 ml (2 e) tandoori masala

500 ml (2 k) natuurlike jogurt

sap van 1 suurlemoen

gekapte koljander

roti’s en brandrissiesous vir voorsit

  1. Sny splete in die dikker dele van die hoender en kap effens platter met die handpalm. Pak in ’n nie-metaalbak of oondvaste bak.
  2. Meng die res van die bestanddele saam en giet oor. Laat oornag marineer.
  3. Braai op die kole of in ’n skottelskaar tot gaar.
  4. Sit voor saam met roti’s en brandrissiesous.