Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

4-6 hoenderboudjies en/of -dytjies, sonder vel

sout en vars gemaalde peper

5 ml (1 t) gedroogde tiemie

350 g baba-aartappels

8 baba-uitjies

4 knoffelhuisies, gekneus

paar takkies vars tiemie

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoender met die sout, peper en tiemie.
  2. Pak die hoender, aartappels, uitjies en knoffel in ’n oondvaste pan of oondbak.
  3. Pak die takkies tiemie tussenin en giet die aftreksel oor.
  4. Bak 45-50 min. in die oond of tot die hoender gaar is. As die hoender te vinnig bruin raak, bedek met foelie en bak verder.
  5. Sit voor saam met vars kersietamaties en suurlemoenwiggies.