Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 7 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

30 ml (2 e) olie

½ suurlemoen se skil, in dun repies gesny

1 cm-stuk gemmerwortel, fyn gekap

1 groot knoffelhuisie, fyn gedruk

275 g hoenderborsfilette, dun gesny

½ rooi en ½ groen soetrissie, in dun repies gesny

2 wortels, in julienne-repe gesny

180 ml (¾ k) jong groenbone

30 ml (2 e) oestersous

knippie suiker, sout en peper

80 ml (¹/³ k) geroosterde grondbone

gekapte koljanderblare

jasmynrys vir voorsit

  1. Verhit ’n bietjie olie in ’n wok of groot pan en voeg die suurlemoen, gemmer en knoffel by. Roerbraai 30 sekondes.
  2. Voeg die hoender by en roerbraai 2 minute.
  3. Voeg die groente by en roerbraai 4-5 minute.
  4. Roer die oestersous, suiker en geurmiddels na smaak by.
  5. Sprinkel die grondbone en koljander oor.
  6. Sit voor op jasmynrys.