4-6 hoenderporsies

sout

MARINADE

1-2 rooi brandrissies, fyn gekap

gerasperde skil van 1 suurlemoen

5 ml (1 t) vars gerasperde gemmer

1 knoffelhuisie, fyngedruk

1 ml (¼ t) borrie

SLAAI

150 g cosblare

30 g pecorino, skaafsels gerasper

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) suurlemoensap

Verhit die oond tot 220 °C.

Geur die hoender met die sout; pak op ’n draadrakkie op ’n bakplaat.

Marinade Meng alles; smeer oor die hoender. Rooster 35-40 minute.

Slaai Pak die blare op ’n bord; besprinkle met kaasskaafsels, olie en sap.