Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Genoeg vir 4-6 mense

4-6 hoenderporsies

100 ml terijaki-sous

60 ml (¼ k) soet sojasous

sout en peper

250 g skulpnoedels, gekook

1 rooi soetrissie, gehalveer en in skywe gesny

1 geel soetrissie, gehalveer en in skywe gesny

10-15 sondroë tamaties, grof gekap

15 ml (1 e) kruisement, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Marineer die hoender met die terijaki, sojasous en sout en peper en verkoel 30 minute, maar verkieslik oornag.

Plaas die noedels, soetrissies, sondroë tamaties en kruisement in ’n groot bak en meng goed. Geur met sout en peper.

Plaas die hoenderporsies in ’n oondvasate bak en bak 40 minute tot die hoender gaar is.

Sit die hoender voor saam met die noedelslaai.

- Carmen Hendricks & Nolin Daniels