MARINADE

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

5 ml (1 t) fyn gemmer

1 brandrissie, gekap

15 ml (1 e) bruinsuiker

60 ml (¼ k) sojasous

45 ml (3 e) soet brandrissiesous

HOENDER

8 hoenderboudjies

5 ml (1 t) rysasyn

250 g vermicelli-rysnoedels

30 ml (2 e) olyfolie

45 ml (3 e) koljanderblare

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. MARINADE Meng die bestanddele en marineer die hoender ’n kwartier daarin.
  2. Pak die boudjies op ’n plaat en oondbraai ’n halfuur in die voorverhitte oond.
  3. HOENDER Berei die noedels volgens die pakaanwysings en meng die olie en koljander daardeur. Sit voor.