Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 75 minute

1 heel hoender

sout en peper na smaak

30 ml (2 e) sagte botter

10 ml (2 t) vars tiemieblaartjies, gekap

10 ml (2 t) gerasperde suurlemoenskil

1 vars of ingelegde suurlemoen, in stukke gesny

2 takkies vars roosmaryn, blaartjies afgestroop en gekap

sap van 1 suurlemoen

5 ml (1 t) neutmuskaat

5 ml (1 t) gerookte paprika

GROENTE

baba-uitjies, -aartappels en heel knoffel

olyfolie

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die hoender met sout en peper.
  2. Maak die vel oor die bors los deur jou vingers versigtig daaronder in te woel.
  3. Meng die botter met die tiemie en suurlemoenskil en smeer oor die borsie.
  4. Plaas die suurlemoenstukke en roosmarynstukkies in die buikholte van die hoender.
  5. Plaas die hoender in ’n oondvaste bak, giet die suurlemoensap oor en besprinkel met neutmuskaat en paprika.
  6. Oondbraai 10 minute. Verlaag hitte na 180 °C en oondbraai nog ’n uur of tot die hoender gaar en goudbruin is.
  7. Pak intussen die groente in ’n aparte bak, geur met sout.