Genoeg vir 4-6 mense

1 groot hoender

sout en vars gemaalde swartpeper

sowat 60 ml (4 e) olyfolie

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

30 ml (2 e) gekapte roosmaryn

4 knoffelhuisies, fyn gekap

sap en skil van 2 suurlemoene

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n oondbak met olie of kossproei.

  1. Sny die hoender oop op sy bors, laat lê hom op sy rug, gebruik ’n groot mes en sny sy bors en borsbeen deur.
  2. Druk die boudjies en vlerkies uit potjie en druk die hoender plat.
  3. Sit die hoender in die voorbereide oondbak. Geur met sout en peper binne en buite. Meng die res van die bestanddele en smeer die hoender met die kruie en oliesous.
  4. Bak die hoender sowat 40-50 minute of tot gaar. Skep van die pansappe oor die hoender gedurende die baktyd. Sit voor saam met kapokaartappels en broccoli.