Genoeg vir 2 groot porsies of 4 klein porsies

GROF GEDRUKTE AARTAPPELS

12-15 baba-aartappels

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

20 ml (4 t) heelkorrelmosterd

STEAKROLLETJIES

4-6 dun gesnyde steakporsies (100g elk, sien wenk)

sout en vars gemaalde swartpeper

200 g mozzarellakaas, gerasper

1 rooi soetrissie, in dun repe gesny

peuselstokkies

olyfolie

GROF GEDRUKTE AARTAPPELS

Plaas die aartappels in ’n pot en bedek met koue soutwater.

Bring die water tot kookpunt, verlaag die hitte en kook tot sag.

Dreineer die water en druk die aartappels in growwe stukke (nie fyn nie) met ’n aartappeldrukker (met die skil aan).

Geur met olyfolie, sout, peper en heelkorrelmosterd.

Hou warm.

STEAKROLLETJIES

Voorverhit die oond tot 200 °C en plaas die steaks op ’n skoon werkoppervlak.

Geur elke stukkie met sout en vars gemaalde swartpeper.

Deel die kaas tussen die steaks en sit ’n paar stukkies van die soetrissie bo-op die kaas.

Rol die steaks toe en heg met een of twee tandestokkies.

Verhit die riffelpan en braai die steak ’n paar minute oor baie hoë hitte sodat dit ’n mooi kleur kan kry.

Plaas die gebraaide rolletjies in ’n oondvaste bak, bedruip met olie en bak 5-10 minute.

Indien jy hou van rou of mediumgaar vleis, haal dit ’n bietjie vroeër uit die oond.

Wenk: Kap die vleis ’n bietjie dunner met ’n vleishamer sodat jy die rolletjies makliker kan rol.