Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

8 hoenderborsies of -dye

sout en vars gemaalde swartpeper

50 g spinasie, fyn gekap

2-3 murgpampoentjies, gerasper

1 klein ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

80 g fetakaas, gekrummel

1 eier, geklits

sap en skil van 1 klein suurlemoen

40 ml olyfolie

vars kruie, roketblare of spruite

1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met kossproei of olie.

2 Geur die hoenderdye met die sout en peper.

3 Meng die spinasie, murgpampoentjies, ui, knoffel, fetakaas en eier. Geur die vulsel met die sout, peper en suurlemoensap en -skil.

4 Lig die hoendervel aan die eenkant op; sorg dat jy nie die vel heeltemal aftrek nie.

5 Skep lepels vol van die vulsel en druk dit onder die vel in. Steek die vel met tandestokkies vas.

6 Pak die hoender in die voorbereide oondbak en bak sowat 30-40 minute of tot gaar.

7 Bedruip die hoender tydens die baktyd met die pansappe en die olie; so kry jy die vel lekker bros.

8 Garneer met die vars kruie, roket of spruite.

Volg Huisgenoot op Twitter.