Genoeg vir 2-4

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 40 min.

2 hoenderkwarte

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

10 ml (2 t) paprika

5 ml (1 t) rooipeper

1 rooi brandrissies, gekap

20 ml (4 t) olyfolie

’n hand vol pietersielie, fyn gekap

sout en peper

Polentaskyfies

875 ml (3½ k) hoenderaftreksel

250 ml (1 k) kitspolenta

30 g botter

40 g mozzarellakaas, gerasper

sout en peper na smaak

olyfolie vir verf

5 knoffelhuisies

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Plaas die hoender in ’n mengbak. Voeg al die oorblywende bestanddele vir die hoender bymekaar en vryf die speserye oor die hoender. Verkoel 30 min. of langer sodat die speserye die hoender geur.
  2. Plaas op ’n roosterpan en bak 40 min. of tot deurgaar.
  3. Polentaskyfies: Plaas die aftreksel in ’n groot kastrol oor matige hitte en bring tot kookpunt. Klits die polenta geleidelik in en kook 2 min. of tot verdik terwyl jy roer.
  4. Verwyder van die hitte, voeg die botter, kaas, sout en peper by en roer om te meng. Skep die polenta op die bakplaat en versprei tot 1 cm dik. Verkoel 30 min. of tot geset in die yskas.
  5. Sny die polenta in vingers en plaas dit op ’n bakplaat. Verf die vingers met olie. Bestrooi met knoffel en bak 15 min.
  6. Sit die speseryhoender met die polentaskyfies voor.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller