Mense wat nie van rosyntjies hou nie, kan dit vervang met gesnipperde droëappelkose.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 20 minute

15 ml (1 e) olyfolie

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 rooi-uie, in dun skywe gesny

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

5 ml (1 t) fyn gemmer

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) borrie

10 ml (2 t) fyn koljander

10 ml (2 t) fyn komyn

6 hoenderborsies, in skywe gesny

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

1 bossie koljanderblare, fyn gekap

125 ml (½ k) rosyntjies of sultanas 125 ml (½ k) swartolywe 5 ml (1 t) fyn gerasperde suurlemoenskil sout na smaak basmatirys vir voorsit

  1. Meng die olie, knoffel, uie, soetrissie en speserye in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 5 minute.
  2. Voeg die hoender en aftreksel by en mikrogolf nog 10 minute of tot die hoender net gaar is.
  3. Meng die res van die bestanddele behalwe die sout by die hoendermengsel en mikrogolf nog 2 minute tot warm. Geur met die sout en sit voor met basmati- of bruinrys.