GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Marineer: 2 uur

Gaarmaak: 10 min.

4 hoenderborsies, effens platgeslaan

2,5 ml (½ t) fyn borrie

2,5 ml (½ t) brandrissiepoeier

2 cm gemmer, fyngemaal

2 knoffelhuisies, fyngedruk

45 ml (3 e) asyn

sout en vars gemaalde peper

Speserye

5 ml (1 t) neutmuskaat

5 ml (1 t) kaneel

1 ml (¼ t) kardemomsaad

2,5 ml (½ t) fyn naeltjies

1 steranys, fyngedruk

5 ml (1 t) fyn komyn

1.     Keep die hoenderborsies deur drie snitte met ’n skerp mes in elkeen te maak. Meng die borrie, brandrissiepoeier, gemmer, knoffel, asyn en sout, en vryf dit oor die hoender. Laat marineer 1 uur in die yskas. Dis belangrik om die hoender te marineer in ’n bak wat nie van metaal gemaak is nie.

2.     Speserye: Meng al die speserye en bedek die hoender. Bedek en laat nog ’n uur in die koelkas marineer.

3.     Voorverhit die braairooster of roosterpan tot hoë hitte met ’n bietjie olie sodat dit nie vaskleef nie. Braai die hoenderstukke 10 min. Die sappe moet helder uitloop wanneer jy dit met ’n toetspen toets.

4.     Geniet dit as ’n maaltyd saam met ’n slaai of stysel van jou keuse of as ’n peuselhappie saam met drankies.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller