Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 60 minute

8-12 hoenderdye

sout en vars gemaalde swartpeper

1 pakkie (60 g) uiesoppoeier

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

125 ml (½ k) kookwater

250 ml (1 k) mayonnaise

125 ml (½ k) mango-atjar of blatjang

groente en braai-aartappels vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoender met sout en peper en pak in ’n oondvaste bak.
  2. Meng die soppoeier, aftreksel en kookwater goed saam, voeg die res van die bestanddele by en giet oor die hoender.
  3. Bak sowat ’n uur tot die hoender sag en gaar en goudbruin is.
  4. Sit voor met groente en braai-aartappels.