Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

SOUS

5 ml (1 t) olie

4 hoenderboudjies

2 knoffelhuisies, in dun skywe gesny

2 sprietuie, gekap

’n bossie vars koljander, gekap

1 L (4 k) hoenderaftreksel

1 steel sitroengras

1 rooi brandrissie

sout en vars gemaalde swartpeper

HOENDER

4 hoenderborsies

45 ml (3 e) sojasous

VIR VOORSIT

rooi brandrissies en sprietuie vir garnering

rys en spinasie vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Sous: Verhit die olie in ’n groot pot en braai die hoenderboudjies 5 minute. Voeg die knoffel, sprietuie, koljander, rissie, aftreksel en sitroengras by, bring tot kookpunt en laat prut ’n halfuur. Sif die sous, geur met sout en peper en sit eenkant.

Hoender: Plaas die hoender op ’n bakplaat en bedek met die sojasous. Oondbraai 8 minute terwyl jy die hoender deurgaans met sojasous bedruip. Sit eenkant.

Vir voorsit: Skep die sous in bakke en voeg ’n bietjie rooi brandrissie en sprietuie by. Skep die rys in apart bakke. Sit die hoender en spinasie op borde voor saam met die bakke sous en rys.

Wenk: Kook die rys in aftreksel met sitroengras, vars koljander en suurlemoenwiggies.

- Hope Malau