60 ml (¼ k) meel

sout en peper

10 ml (2 t) Cajun-speserye

5 hoendervlerkies

30 ml (2 e) botter

3 jalapeno-rissies, gesny

250 ml (1 k) soetrissiesous

410 g (1 blikkie) Mexikaanse tamaties

45 ml (3 e) water

15 ml (1 e) room

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Meng die meel, sout, peper en speserye.

Gebruik die helfte van die mengsel om die vlerkies mee in te vryf en sit 30 minute eenkant om uit te droog.

Bestrooi dan met die orige mengsel.

Verhit die helfte van die botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die vlerkies aan albei kante bruin.

Haal uit die kastrol, plaas in ’n oondpan en bak 15 minute in die oond.

Voeg die jalapeno-rissies, soetrissie, tamaties en water in die kastrol wat vir die vlerkies gebruik is.

Laat prut 5 minute, roer die room by en plaas die hoender terug in die kastrol.

Volg Huisgenoot op Twitter.