GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 30 min.

1 kop broccoli, in kleiner boompies gebreek

4 hoenderborsies, gaar en gepluis

2 skorsies, gehalveer en gaar gekook

SOUS

125 ml (½ k) mayonnaise

125 ml (½ k) Griekse jogurt

20 ml (4 t) kerriepoeier

sout en pas gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Blansjeer die broccoli in kokende water, dreineer en hou eenkant.
  2. Pak die broccoli en gepluisde hoender in ’n oondbak.
  3. Skep lepeltjies vol van die gaar skorsie uit die skil en pak tussen die hoender- en broccoli-stukke.
  4. Sous Meng die mayonnaise, jogurt en kerriepoeier goed en geur met die sout en peper.
  5. Giet die sous oor die hoender en groente en bak 25-30 minute of tot deurwarm.
  6. Sit voor saam met gebakte aartappels of pasta indien verkies.