Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40-50 minute

GEURIGE SMEER

1 brandrissie of sowat 60 ml

(¼ k) gedroogde brandrissies

125 ml (½ k) kookwater

1 rooi soetrissie sonder vel en pitte, gerooster

3 knoffelhuisies, fyn gemaak knippie sout

5 ml (1 t) gemaalde komyn

60 ml (¼ k) olyfolie

HOENDER

6-8 hoenderporsies (dye en boudjies)

sout en swartpeper

20 ml (4 t) olyfolie

1 blik (410 g) keker-ertjies, gedreineer

1 blik (410 g) gekapte tamaties

6 murgpampoentjies, gesny

45 ml (3 e) gekapte, gemengdekruie (vars) of 15 ml (1 e) gedroog

80 g fetakaas, gekrummel

1 GEURIGE SMEER

Week die droë brandrissie sowat 10 minute in kookwater. Sit dit en die res van die bestanddele vir die smeer in ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Hou eenkant.

2 HOENDER

Voorverhit die oond tot 180 °C en geur die hoender met sout en peper en van die geurige smeer.

Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die hoender tot goudbruin. Skep die hoender in ’n oondbak.

Versprei die keker-ertjies en tamaties tussen die hoender.

Plaas die hoender vir sowat 20 minute in die oond.

Sprinkel die murgpampoentjies en kruie oor die hoender en bak nog 20-30 minute of tot gaar.

Sprinkel die kaas oor en sit voor saam met rys, polenta of koeskoes.

Volg Huisgenoot op Twitter.