Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

4-6 hoenderporsies

sout en vars gemaalde peper

6 knoffelhuisies, gekneus

1 suurlemoen, in skyfies gesny

1 lemoen, in skyfies gesny

’n paar takkies vars tiemie

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper.
  2. Pak die hoender, knoffel, suurlemoen en lemoenskyfies in ’n oondbak.
  3. Druk die tiemie tussenin en giet die hoenderaftreksel oor.
  4. Bedek met foelie en bak 30 min. in die oond.
  5. Haal die foelie af, verhoog die temperatuur tot 200 °C en bak nog 30 min.
  6. Sit voor saam met slaai of kapokaartappel.