HOENDER

1 heel hoender

15 ml (1 e) olyfolie

30 ml (2 e) heuning

15 ml (1 e) gemengde droë kruie

sout en peper

30 ml (2 e) sesamsade

KOOLSLAAI

1 pak kool-en-wortelmengsel

60 ml (¼ k) mayonnaise

125 ml (½ k) Griekse jogurt

15 ml (1 e) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C.

HOENDER Knip die ruggraat van die hoender uit en druk die hoender platter.

Meng die olie, heuning en kruie en geur met die sout en peper.

Giet oor die hoender en oondbraai 40 minute tot gaar.

Besprinkel met die sesamsade en oondbraai nog 10 minute.

KOOLSLAAI Meng al die slaaibestanddele en sit voor saam met die hoender.