Deur Julius de Jongh 19/09/2013

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

Genoeg vir 6 tot 8

1 kg hoenderporsies

sout en peper

2 ui, gesny

10 ml (2 t) fyngemaalde knoffel

500 ml (2 k) tamatiesous

500 ml (2 k) blatjang

250 ml (1 k) worcestersous

250 ml (1 k) sojasous

125 ml (½ k) ryswynasyn

125 ml (½ k) bruinsuiker

15 ml (1 t) mosterdpoeier

15 ml (1 t) hoenderspesery

15 ml (1 t) rooipeper

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Geur die hoender met sout en paper en plaas in oondvaste braaiskottel.
  3. Meng die oorblywende bestanddele goed, gooi oor die hoender en bak 55 minute tot hoender gaar is. Sit saam met ’n slaai voor.