Nerine Koekemoer van Vryheid het hierdie resep met ons gedeel.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20-30 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

125 g gladde roomkaas

10 ml (2 t) basiliepesto

2 ml (½ t) suurlemoensap

4 hoenderdytjies

olie

sout

suurlemoen-swartpeper

hoenderspeserye

fynaartappel en wortels vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Meng die roomkaas, pesto en suurlemoensap saam.
  2. Maak die hoendervel oor die dytjies los en skep die roomkaasmengsel met ’n teelepel onder die vel in.
  3. Smeer die hoenderporsies met olie in, besprinkel met sout, suurlemoen-swartpeper en hoenderspeserye na smaak en pak op ’n bakplaat.
  4. Oondbraai 30-40 minute of tot goudbruin en gaar.
  5. Sit voor met fynaartappel en wortels.

WENK

Vervang die pestomengsel met mosterd- of gerookteham-roomkaas.