Lana Troskie van Port Elizabeth het hierdie resep met ons gedeel.

Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 25-30 min

Gaarmaaktyd: 3 uur

Baktyd: 45 minute

Rustyd: oornag

VULSEL

45 ml (3 e) olyfolie

8 hoenderborsies en -dytjies

sout en gemaalde swartpeper

250 g spekvleis, gekap

1 ui, fyn gekap

30 ml (2 e) koekmeel

5 ml (1 t) droë gemengde kruie

2 lourierblare

70 g tamatiepasta

500 ml (2 k) rooiwyn

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

KORS

500 ml (2 k) bruismeel

knippie sout

125 g botter, in blokkies gesny

160 ml (²/³ k) kookwater

1 eiergeel, geklits, vir oorverf

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. VULSEL Verhit die olie in ’n groot pan met ’n vuurvaste handvatsel.
  2. Geur die hoender met die sout en peper en braai in olie tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
  3. Braai die spek en ui saam in dieselfde pan tot sag en gaar. Roer die meel by.
  4. Plaas die hoenderstukke terug in die kastrol.
  5. Meng die kruie, lourierblare, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel en voeg by die hoender. Bring tot kookpunt. Plaas die deksel op en plaas 1½ uur in die oond. Verwyder die deksel en oondbraai nog 1½ uur.
  6. Laat afkoel en verwyder al die bene. Maak die vleis fyner en laat in die yskas afkoel, verkieslik oornag.
  7. KORS Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bak.
  8. Sif die meel en sout in ’n mengbak. Meng die botter en water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Maak ’n holte in die meel en giet die bottermengsel in. Meng met ’n houtlepel tot gemeng. Keer uit op ’n houtoppervlak.
  9. Knie die deeg goed bymekaar terwyl dit nog warm is.
  10. Rol ²/³ van die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Voer die bak met die deeg uit en laat dit oor kante van die pan hang. Skep die vulsel in.
  11. Rol die res van die deeg uit en plaas dit boop die vulsel.
  12. Vou die deeg wat oor die rand gehang het oor die boonste kors en knyp aan boonste kors vas. Verf met die geklitste eiergeel.
  13. Maak ’n gaatjie in middel van die deeg. Maak patroontjies met die oortollige deeg en plak op die kors met water. Verf met eiergeel. Bak 45 minute of tot goudbruin en gaar.

Sit warm voor.