30 ml (2 e) klapperolie

1 ui, gekap

25 ml (5 t) fyngekapte knoffel

25 ml (5 t) fyngerasperde fyn gemmer

25 ml (5 t) rooikerriepasta

50 ml oestersous

30 ml (2 e) sojasous

4- 6 ontbeende, ontvelde hoenderborsies, in blokkies gesny,

1 blik (400 g) klappermelk

30 ml (2 e) mielieblom, aangemaak met water tot ‘n pasta

1 pakkie groente, in juliennerepe gesny en gestoom

vars koljander, gekap

Kasjoeneute of grondboontjies, grof gekap

kaulirys as bykos

1 Smelt klapperolie en braai die uie, knoffel en gemmer tot geurig.

2 Voeg die rooikerriepasta, oestersous en sojasous en braai tot geurig, sowat 1 minuut.

3 Voeg die hoender by en braai tot effe bruin.

4 Voeg dan die klappermelk by en prut tot sag en gaar, sowat 5—7 minute. (Verdik indien nodig met mielieblompasta.)

5 Voeg die groente by en verhit tot warm. Sprinkel koljanderblare en kasjoneute oor en sit voor op kaulirys indien verkies.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.