Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20-25 min.

4-6 hoenderborsfilette

sout en vars gemaalde peper

4 groot, heel preie of 8 baba-preie

30 ml (2 e) olyfolie

SOUS

15 ml (1 e) botter

2 groot preie, in ringetjies gesny

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

10 ml (2 t) Dijonmosterd

125 ml (½ k) room

250 ml (1 k) Griekse jogurt

5 ml (1 t) suiker

KAPOKAARTAPPEL

4 groot aartappels, geskil en gekook

15 ml (1 e) botter

15-30 ml (1-2 e) melk

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper. Pak op ’n bakplaat. Versprei die preie tussen die hoender, sprinkel die olie oor en rooster 15-20 min. tot gaar.
  2. Sous Verhit die botter in ’n pan en braai die preie stadig sag. Roer al die mosterd deur, dan die room en die jogurt. Verhit stadig, roer aanhoudend en laat prut tot effens verdik. Geur met sout, peper en die suiker.
  3. Kapokaartappel Druk alles saam fyn, meng en geur met sout en peper.
  4. Giet die sous oor die hoender en die preie en sit voor op die kapokaartappel.