Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

4-6 hoenderborsfilette

sout en peper

koekmeel

30 ml (2 e) olyfolie

45 ml (3 e) botter

250 g sampioene, in skyfies gesny

3 stingeluie, in stukkies gesny

125 ml (½ k) Marsala-wyn (soet)

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

125 ml (½ k) room

3 ml (ruim ½ t) droë basilie

500 g fettuccine, gekook tot al dente

parmesaanskaafsels vir voorsit

  1. Kap die hoenderporsies platter met jou handpalm. Geur met sout en peper en rol in die meel.
  2. Verhit die olie en botter en braai die hoender tot alkant bruin. Bedek en stoombraai tot gaar. Skep uit en hou warm.
  3. Vee die pan uit en roerbraai die sampioene en uie in nog verhitte olie tot sag.
  4. Voeg die wyn, hoenderaftreksel, room en basilie by en kook af tot die sous effens verdik het en geurig is.
  5. Sit die hoender voor op die pasta en giet die sous oor.
  6. Sit voor met parmesaanskaafsels.