• Genoeg vir 4 mense
  • Bereiding: 10 minute
  • Gaarmaaktyd: 30 minute

30 ml (2 e) botter

2 groot uie, gekap

750 g hoenderborsfilette, in

blokkies gesny

2 ml (½ t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn koljander

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) borrie

5 ml (1 t) knoffelvlokkies 5 ml (1 t) suiker 1 blikkie (65 g) tamatiepasta 250 ml (1 k) room handvol vars koljander

  1. Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die hoender by en roerbraai ’n paar minute.
  2. Roer die speserye by en roerbraai tot geurig.
  3. Voeg die suiker, tamatiepasta en room by en laat 15 minute stadig oor matige hitte prut. Voeg die koljander by.
  4. Sit voor saam met rys en nog vars koljander.