Vir hierdie gereg het ons groot vleistamaties (Israeliese tamaties) gebruik, want dit gee ’n heerlike romerige tekstuur aan die kerrie.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

30 ml (2 e) olie

15 ml (1 e) botter

8 hoenderporsies

50 g hoenderkerriepasta (Madras Curry, Asian Home Gourmet)

3 ryp Israeliese tamaties, in stukke gesny

1 blik (400 ml) klappermelk

1 blik (400 g) klein witboontjies, gedreineer

60 ml (¼ k) vars koljanderblare

SALSA

2 tamaties, in klein blokkies gesny

1 klein oranje soetrissie, in klein blokkies gesny

½ komkommer, in klein blokkies gesny

60 ml (¼ k) vars koljanderblare, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper ekstra vars koljanderblare vir garnering

Verhit die olie en botter en braai die hoenderstukke tot goudbruin. Roer die kerriepasta by die hoender en braai nog

sowat 3 minute. Roer die tamaties, klappermelk, boontjies en koljander by en laat dit prut sowat 15 minute.

Meng intussen al die bestanddele vir die salsa. Sit die kerrie voor met rys, salsa en vars koljanderblare.

Ander stories op Huisgenoot.com

Sojaryke kos bevorder dalk vrugbaarheid

Enkellopend of saam, hier is jou Valentynsdag-oorleefgids

Begroot só wanneer jy noustrop trek

Werkstres laat jou meer eet

Tien heerlike pannekoekresepte vir internasionale pannekoekdag