Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Staantyd: oornag

Gaarmaaktyd: 20 minute

MARINADE

60 ml (¼ k) olyfolie

60 ml (¼ k) suurlemoensap

50 ml vars koljanderblare, fyn gekap

2 groot knoffelhuisies, gekneus

KEBABS

6-8 hoenderborsies sonder vel en been, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

1 groot soetrissie, pitte verwyder

en in blokke gesny

2 groenmielies, vooraf effens gekook en in stukke gesny

kebabstokkies, vooraf in water geweek

MARINADE

Meng al die bestanddele in ’n glasbak.

KEBABS

Geur die hoenderblokkies

met sout en peper en plaas

dit in die marinade, meng dit

goed deur en laat marineer oornag.

Ryg die hoenderblokkies om

die beurt met die soetrissieblokke

en mieliestukke op die kebabstokkies

en braai sowat 15

minute oor matige kole of tot

net gaar. Pasop vir te gaar maak,

anders word die hoender wurgdroog.

Sit dit voor saam met

braaibrood en ’n groenslaai.