10-12 hoenderdye (met vel)

100 g STORK SPREAD, versag

50 g calamata-olywe, ontpit

en gekap

2 skywe fetakaas, fyn gekrummel

60 ml (¼ k) songedroogde

tamaties in vinaigrette,

gedreineer en gekap

100 g amandelvlokkies,

gerooster en fyn gekap

60 ml (¼ k) gekapte vars

pietersielie

vars gemaalde swartpeper

seesout

olyfolie

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Maak die hoenderdye skoon en druk dit droog. Maak die vel van elke dy versigtig los aan die een kant om ’n sakkie te vorm. Klits die Stork Spread en die res van die bestanddele, behalwe die seesout en olyfolie, saam. Smeer ’n ruim eetlepel van die vulsel onder die vel van elke dy in en trek die vel terug oor die vulsel.

Rangskik die hoenderdye in ’n oondvaste bak, besprinkel met seesout en bedruip met olyfolie. Bedek dit met foelie en bak 30 minute.

Verwyder die foelie en bak die hoenderdye nog 30 tot 40 minute tot die vel bros en die vleis gaar is. Bedruip met die pansappe.

Sit die dye voor met koeskoes en gestoomde groente soos aspersies, groenbone of broccoli.

Genoeg vir 6 mense.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?

Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).

Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?

Gaan na huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?

Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry

Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.