Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

4-8 hoenderporsies

sout en vars gemaalde peper

MARINADE

60 ml (¼ k) sojasous

80 ml ( k) heuning

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 x 440 g blik-pynappelstukke, gedreineer

RYS

250 ml (1 k) jasmynrys

15 g gekapte vars koljanderblare

2 sprietuie, gekap

60 ml (¼ k) grondbone, gerooster

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper en plaas in ’n oondbak.
  2. Marinade Meng al die bestanddele en giet oor die hoender. Maak seker elke stukkie is goed bedek. Bedek
  3. met tinfoelie en bak 45 min. Haal die tinfoelie af en draai die hoender om. Bak nog 15 min. tot gaar.
  4. Rys Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer, meng die koljander en sprietuie deur en besprinkel met die grondbone.
  5. Sprinkel sesamsade oor die hoender en sit voor saam met die rys.