GenoeG vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

Hoender

1 heel hoender

seesout

Smeersous

80 ml (1/3 k) tikka-pasta

30 ml (2 e) olie 15 ml (1 e) suurlemoensap polenta vir voorsit Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Hoender Sny die ruggraat van die hoender uit, draai om, druk plat en sny kepe in die vel oor die hele hoender. Geur met seesout.
  2. Smeersous Meng die tikka-pasta, olie en suurlemoensap en smeer oor en in die kepe in die hoender. Plaas die hoender in ’n oondbak.
  3. Oondbraai 15 minute, verlaag die hitte na 180 °C en oondbraai sowat 45 minute verder tot die hoender sag en gaar en die vel krakerig bruin is.
  4. Sit voor met polenta.