Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Marineer: 15 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

1 heel hoender, ruggraat verwyder en platgedruk

MARINADE

250 ml (1 k) tamatiesous

45 ml (3 e) worcestersous

60 ml (¼ k) blatjang

125 ml (½ k) bruinsuiker

BROCCOLI

500 g broccoli

45 ml (3 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Plaas ’n draadrakkie bo-op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Marinade Meng al die bestanddele vir die marinade en giet oor die hoender. Marineer minstens 15 min.
  2. Pak die hoender op die voorbereide bakplaat en oondbraai 40 min. Verhoog die oondtemperatuur tot 230 °C en rooster nog 10 min.
  3. Broccoli Versprei die broccoli op ’n bakplaat, giet die olyfolie oor en geur met die sout en peper. Rooster saam met die hoender vir die laaste 15 min.
  4. Sny die hoender in porsies en sit voor saam met die broccoli.

Keer dit gereeld om om te keer dat die marinade swart brand.