GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 25 min.

250-300 g hoenderwors

1 ui, gekap

5 ml (1 t) gemmer, fyn gekneus

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

5 ml (1 t) rooipeper

1 rissie, gekap

250 ml (1 k) rys

625 ml (2½ k) groenteaftreksel

sout

100 g pak choi

  1. Braai die wors in ’n groot kastrol tot gaar en bruin. Haal uit en hou eenkant.
  2. Plaas die ui, gemmer en knoffel in die kastrol en braai tot die ui deursigtig is.
  3. Voeg die rooipeper, rissie, rys en aftreksel by. Laat 20 minute prut tot die rys gaar is.
  4. Sny die hoenderwors in happiegrootte-stukkies en voeg by die rys. Laat 2 minute prut en sit warm voor saam met die pak choi. Garneer met pietersielie indien verkies.