Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, gekap

60 ml (¼ k) koekmeel

1 liter (4 k) hoenderaftreksel

sout en peper

250 ml (1 k) pitlose rosyne

1 gaar hoender, gevlok

2 appels, gerasper of in blokkies gesny

25 ml (5 t) suurlemoensap

2 ml (½ t) suurlemoenskil, gerasper

5 ml (1 t) suiker

15 ml (1 e) kerriepoeier

1 lourierblaar

4 peperkorrels

250 ml (1 k) room

5 piesangs, in skywe gesny

  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en goudbruin. Voeg die meel en hoenderaftreksel by en roer tot goed gemeng. Bring tot kookpunt. Geur met sout en peper na smaak.
  2. Voeg die res van die bestanddele behalwe die piesangs by en laat prut 20 minute oor medium hitte tot geurig.
  3. Voeg die piesangs 5 minute voor die einde by en verhit tot deurwarm. Sit voor met rys.

Wenk

Vervang die room met onversoete wit jogurt.