Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 35 min.

1 kg heel hoender

1 rooi soetrissie

6 groen brandrissies

6 knoffelhuisies

30 ml (2 e) paprika

5 ml (1 t) fyn swartpeper

30 ml (2 e) witwynasyn

15 ml (1 e) droë gemengde kruie

sout na smaak

45 ml (3 e) olie

Voorverhit die oond tot 200 ºC.

1. Halveer die hoender met ’n skerp mes in die lengte. Sny kepe in die vel.

2. Plaas die rooi soetrissie, brandrissies, knoffel, paprika, peper, asyn, kruie, sout en olie in ’n voedselverwerker. Verwerk tot alles gemeng is.

3. Smeer die mengsel oor die hoender. Maak seker jy druk dit deur die gekeepte vel. Marineer 30 min. Plaas in ’n braaipan.

4. Braai 15 min. Verlaag die hitte tot 180 ºC en braai nog 20 min.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander