Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30-45 minute

vars tiemie- en origanumtakkies

10-12 baba-aartappels,

gehalveer

sout

olie

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

250 ml (1 k) vars gerasperde parmesaankaas

500 ml (2 k) broodkrummels

15 ml (1 e) hoenderspeserye

2 eiers, geklits

8 hoenderborsfilette

slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Plaas die tiemie en origanum in ’n oondbak. Pak die aartappels boop en meng deur. Geur met sout en besprinkel met olie.
  2. Meng die pietersielie, parmesaankaas, broodkrummels, hoenderspeserye en eiers.
  3. Geur die hoenderborsies met sout en druk die krummelmengsel aan een kant van die borsies vas. Plaas die borsies op die aartappels in die oondbak met die krummels na bo. Besprinkel met olie.
  4. Bak 30-45 minute of tot die hoender sag en gaar, die kors goudbruin en die aartappels goudbruin is.
  5. Sit voor saam met slaai.