Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

SLAAI

250 ml (1 k) bulgurkoring, oornag geweek

‘n hand vol pietersielie, fyn gekap

30 ml (2 e) gekapte vars kruisement

80 g kersietamaties, in skywe gesny

3 sprietuie, in dun skywe gesny

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) ekstrasuiwer olyfolie

30 ml (2 e) suurlemoensap

2 ml (½ t) paprika

5 ml (1 t) fyn komyn

’n knippie rooipeper

5 ml (1 t) strooisuiker

sout en peper

JOGURTSOUS

125 ml (½ k) Griekse jogurt

paprika vir oorstrooi

HOENDER

15 ml (1 e) olyfolie

5 ml (1 t) paprika

sout en peper

4 hoenderborsfilette

Voorverhit die oondrooster tot matig hoog.

  1. Slaai: Dreineer die bulgur goed, voeg die kruie, tamaties en sprietuie by en meng.
  2. Slaaisous: Maak ’n slaaisous deur die olie, suurlemoensap, paprika, komyn, rooipeper, strooisuiker, sout en peper saam te voeg.
  3. Jogurtsous: Plaas die jogurt in ’n bakkie en giet 30 ml (2 e) van die slaaisous oor. Strooi ’n bietjie paprika oor.
  4. Giet die oorblywende slaaisous oor die slaai en meng.
  5. Hoender: Meng die olie en paprika, geur met die sout en peper en verf dan oor die hoender.
  6. Rooster 8 min. weerskante of tot deurgaar.
  7. Sny die hoender in skywe en sit voor met die jogurtsous en slaai.

Deur Hope Malau