Dan maak ’n mens die slaai binne minute.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 12 minute

Gaarmaaktyd: 7 minute

HOENDER

4 hoenderborsies sonder vel of been, in repe gesny

7 ml (1½ t) paprika

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

sap van 1 suurlemoen

10 ml (2 t) soet brandrissiesous

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

5 ml (1 t) olie

KOOLSLAAI

½ kleinerige kopkool, in baie dun repies gesny

2 rooi appels, ontkern en gerasper

sap van ½ suurlemoen

2 selderystele, fyn gesnipper

hand vol pitlose rosyne

60 ml (¼ k) vetvrye natuurlike jogurt

10 ml (2 t) laeolie-mayonnaise

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

  1. HOENDER Pak die hoenderrepe in ’n niemetaalbak. Meng die paprika, knoffel, suurlemoensap,
  2. rissiesous, sout en peper en giet oor. Bedek en verkoel 20 minute.
  3. KOOLSLAAI Meng intussen al die bestanddele vir die koolslaai saam. Bedek en verkoel
  4. tot benodig.
  5. BEREIDING Verf die binnekant van ’n wok of pan met die olie en verhit tot warm.
  6. Haal die hoender uit die marinade en roerbraai tot gaar.
  7. Giet die marinade oor en braai nog 2 minute.

Sit voor op koeskoes of bruinrys met die koolslaai.