Bereiding: 15 minute

Staantyd: ’n paar uur

Gaarmaaktyd: sowat 5 minute

Genoeg vir 4-6 mense

4 ontbeende hoenderborsies

sout en vars gemaalde swartpeper

2 cm vars gemmerwortel, geskil

2 knoffelhuisies, fyn gekap (opsioneel)

6 sprietuie, grof gekap

50 ml sojasous

15 ml (1 e) sesamolie

1 ml (¼ t) vissous

10 ml (2 t) heuning

5 ml (1 t) suurlemoensap

1 rooi brandrissie, fyn gekap (opsioneel)

60 ml (¼ k) koljanderblare, fyn gekap

sagte tortillas

mayonnaise

slaaiblare

Geur die hoenderborsies met sout en peper en stoom sowat 3-5 minute tot gaar. Laat afkoel.

Meng die gemmerwortel, knoffel, sprietuie, sojasous, sesamolie, vissous, heuning, suurlemoensap, brandrissie en koljanderblare en geur met sout en peper.

Sny die hoenderborsies in kleiner hapgrootte-stukkies en giet die marinade oor. Laat staan vir ’n paar uur of oornag in die yskas.

Smeer die tortillas met mayonnaise en sit ’n paar slaaiblare bo-op.

Skep ’n paar stukkies gemarineerde hoenderporsies op die blare.

Vou die tortilla toe en bedek met waspapier.