Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaaktyd: 15-20 min

15 ml (1 e) olyfolie

1 groot ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

30 ml (2 e) vars koljanderbare, fyn gekap

6 murgpampoentjies, in stukke gesny

500 g gaar hoender, ontbeen en in blokkies gesny

500 ml (2 k) klaarbereide botterhoendersous (beskikbaar by enige groot supermark)

sout en vars gemaalde swartpeper

ekstra vars koljanderblare, fyn gekap

Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die ui en knoffel ’n minuut tot geurig.

Voeg die koljander en murgpampoentjies by en roerbraai nog ’n minuut.

Roer die hoender en botterhoendersous by en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat 10 minute prut.

Geur met sout en peper en sprinkel die ekstra koljanderblare oor.

Sit voor met noedels of rys.