Bedien 4

500 ml gekookte opgesnyde hoender

250 ml gerasperde murgpampoentjies

250 g gekookte spaghetti

SUURLEMOEN-SLAAISOUS

Stukkies en sap van 2 suurlemoene

45 ml olyfolie

Sout en peper

  1. Meng die gekookte hoender, murgpampoentjies en gekookte pasta in ’n groot opskepbak.
  2. Meng al die bestanddele vir die slaaisous, geur vir smaak en gooi liggies oor die slaai.