Dit is ’n wonderlike gereg, net reg vir saamgooi en in die oond druk – en wag vir die komplimente.

Ideaal vir groot familiebyeenkomste. Jy kan dit met gemak verdubbel.

Genoeg vir 12 mense

Bereiding: 10 min

Staantyd: oornag

Gaarmaaktyd: 1-1½ uur

Voorgestelde wyn: ’n malbec soos La Capra

2 heel koppe knoffel

125 ml (½ k) olyfolie

50 ml balsemieke asyn

75 ml droë origanum

250 g pruimedante

300 g groenolywe, ontpit

250 ml (1 k) witwyn

125 ml (½ k) kappertjiesade

2 heel hoenders, in porsies gesny

sout en peper na smaak

’n bossie heel koljander

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die knoffelkoppe met ’n bietjie olie, draai toe in foelie en bak sowat 2 uur in die oond tot sag. Druk die knoffelpuree uit en meng met die res van die olyfolie en die asyn. Voeg die res van die

bestanddele by buiten die hoender, sout, peper en koljander.

Pak die hoender in ’n enkellaag in ’n oondpan en giet die marinade oor. Plaas oornag in die yskas. Geur die hoender die volgende dag met sout en peper en bak sowat 1-1½ uur by 180 °C tot die hoender sag is.

Rangskik op ’n mooi opdienbord, skep die olywe en pruimedante boop en rond af met koljander.