Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 60 minute

GROENTE

100-200 g elk sampioene, murgpampoentjies, eiervrug en groen soetrissie

4 klein patatjies, in lang skywe gesny

heel knoffelbol, in die helfte gesny

olyfolie

sout en peper na smaak

HOENDER

1 heel hoender

sout en peper na smaak

paar vars roosmaryntakkies

1 knoffelhuisie, gekap

Voorverhit die oond tot 230 °C.

Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Groente Sny die groente en rangskik saam met die knoffel in die bak. Besprinkel met ’n bietjie olyfolie, sout en peper.
  2. Hoender Geur die hoender met sout en peper. Druk ’n paar roosmaryntakkies en stukkies knoffel in die vleis van die hoender.
  3. Plaas die hoender bo-op die groente. Rangskik nog takkies roosmaryn rondom die hoender.
  4. Bak die hoender 15 minute, verlaag die hitte tot 180 °C en bak tot gaar en goudbruin

Sit voor met ’n groenslaai.