Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 40 minute

8 hoenderporsies

10-15 ml (2-3 t) droë hoenderspeserye

200 g baba-aartappels

100 g baba-uie, geskil

4 speseryworsies, in stukke gesny

olyfolie

1. Voorvehit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met olie.

2. Geur die hoender met die speserye en rangskik die porsies in die voorbereide oondbak.

3. Rangskik die aartappels, uie en worsies tussen die hoenderporsies. Besprinkel met ’n bietjie olyfolie.

4. Sit die bak in die oond en bak sowat 30-40 minute of tot goudbruin en gaar.

5. Sit voor saam met ’n groenslaai.

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter