GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

450 g kersietamaties

2 rooi-uie, in wiggies gesny

1 rooi soetrissie en 1 geel soetrissie, in blokkies gesny

3 knoffelhuisies, gekap

2 murgpampoentjies, gekap

’n paar takkies vars roosmaryn

30 ml (2 e) olyfolie

6 hoenderboudjies

sout en vars gemaalde peper

10 ml (2 t) hoenderspeserye

Voorverhit die oond tot 200 °C.

1. Plaas die tamaties, rooi-uie, soetrissies, knoffel, murgpampoentjies en roosmaryn in ’n groot oondroosterbak. Bedruip met olie en roer die groente sodat dit goed gemeng en met olie bedek is.

2. Geur die hoender met die sout, vars gemaalde peper en hoenderspeserye en pak op die groente. Plaas 20 min. in die oond, en draai dit gereeld tot die hoender eweredig bruin is.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller