Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

JOGURTSOUS

2 knoffelhuisies, fyngedruk

¼ komkommer, gerasper en gedruk om oortollige water te verwyder

60 g natuurlike jogurt

½ suurlemoen se sap

’n hand vol kruisementblare, gekap

sout en peper

NAAN-PIZZA

2 naanbrode

15 ml (1 e) olyfolie

1 ml (¼ t) koljandersaad

½ rooi-ui, in dun skywe gesny

2 hoenderborsies, gaargemaak en in skywe gesny

6 kersietamaties, gehalveer

’n hand vol roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Jogurtsous Meng al die bestanddele en geur met die sout en peper.
  2. Naan-pizza Plaas die naanbrode op ’n gevoerde bakplaat, verf met die olie en strooi die koljandersaad, ui, hoender en tamatie oor. Bak 10 min. in die oond.
  3. Skep die sous oor, bedek met die roketblare en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan