Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

1 heel hoender

sout en peper

1 suurlemoen, gehalveer

MOSTERDBOTTER

45 ml (3 e) botter

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

5 ml (1 t) Dijonmosterd

AARTAPPELS

12 baba-aartappels

4 baba-uitjies, gehalveer

45 ml (3 e) olyfolie

6 knoffelhuisies, gekneus

handvol pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper. Druk die suurlemoen in die buikholte van die hoender.
  2. Mosterdbotter Meng die bestanddele.
  3. Lig die hoender se vel effens en smeer die botter onder die vel in. Plaas die hoender op ’n bakplaat en oondbraai 50-60 min. tot gaar.
  4. Verhoog die temperatuur tot 230 °C en rooster die hoender tot goudbruin. As die hoender te vinnig verbruin, bedek met foelieen rooster verder tot gaar.
  5. Aartappels Terwyl die hoender braai, meng al die bestanddele vir die aartappels, behalwe die pietersielie. Versprei op ’n bakplaat en rooster 40-45 min. saam met die hoender tot goudbruin en gaar. Sprinkel die pietersielie oor en sit voor saam met die hoender.