woensdaghoendersampien

Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 12 minute

2 tamaties

30 g botter

3 sprietuie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

4 hoenderstukke

sout en peper

250 ml (1 k) tamatiepuree

1 rooi brandrissie, gekap

7 ml (1½ t) worcestersous

10 sampioene, in skywe gesny

30 ml (2 e) heuning

1    Plaas die tamaties en 250 ml (1 k) kookwater in ’n bak en mikrogolf 2 minute op hoog. Verwyder en dompel in koue water. Skil, sny middeldeur, ontpit en sny in blokkies.

2    Meng die botter, sprietuie, knoffel, hoender, sout en peper in ’n diep mikrogolfvaste bak. Bedek en kook 4 minute op hoog. Voeg die tamatieblokkies, tamatiepuree, brandrissie, worcestersous en sampioene by.

3   Bedek en kook 3 minute op hoog. Roer die heuning in die kookvloeistof en kook die bredie nog 2 minute. Sit voor met pap of ’n enige stysel van jou keuse.